Meer oor ons Maatskappy

KoopNog.co.za is 'n maklike manier vir klein en medium ondernemings om hul produkte aanlyn te verkoop in die vorm van 'n Afrikaanse aanlyn mark. 

Hierdeur bereik hierdie sake ondernemings, klante van Agulhas tot in Musina slegs in Afrikaans. 'n Eerste in Suid-Afrika. 

Ons doelwit is om aan klein en medium ondernemings 'n platform te bied wat andersins nie haalbaar is vir hulle nie. Die koste asook die nodige vaardighede wat gepaardgaan met bemarking is onhaalbaar vir meeste klein besighede en daarom bied KoopNog.co.za aan hierdie ondernemings 'n unieke geleentheid om hulle produkte aanlyn te verkoop, sonder enige aansluitingsfooie. 

Ons nooi alle klein en medium ondernemings uit om deel te word van die KoopNog.co.za span. Kontak ons vandag nog by admin@koopnog.co.za of kliek op die "word 'n verkoper" skakel hierbo en doen aansoek vandag.